.png)

Gouritsmond Gemeenskapsprojekte NPC is onafhanklik van die GMBBV.
.png)
Gouritsmond Comunnity Projects (NPO)
Die volhoubare instandhouding en bewaring van Gouritsmond se unieke biodiverse streek, seelewe en gemeenskap is noodsaaklik om te verseker dat inwoners en besoekers graag in hierdie omgewing wil woon en ontspan. Om hierdie doel te bereik is ʼn nie-winsgewende maatskappy, Gouritsmond Community Projects, geregistreer vir die insameling van fondse om mense te bemagtig en in staat te stel om projekte te loods vir onder andere; palliatiewe sorg (gespesialiseerde mediese sorg), sport en ontspanning, kinderontwikkeling en -onderwys, en natuurbewaring. Projekte wat geloods word ondersteun die Gouritsmond Belastingbetalersvereniging (GMBBV) in hulle doelwitte en aksies.
Hierdie instansie is geregistreer by die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID/SARS) as ʼn Openbare Weldaadsorganisasie (Public Benefit Organisation) en kan dus belastingvoordelige kwitansies (artikel 18A) uitreik vir donasies.
Ons roem daarop dat die organisasie hoë etiese waardes nastreef en dat u donasie aangewend sal word vir die doel wat u in gedagte het.
Indien u, soos ons, ʼn passie het vir Gouritsmond en ʼn donasie maak vir een van ons projekte wat ook na aan u hart lê, kan u ons kontak of die fondse in ons Capitec Besigheidsrekening inbetaal.
Rekening houer: Gouritsmond Community Projects Npc
Rekening: Tjekrekening
Rekening nommer: 1055001174
Tak kode: 450105
Registrasie no. – 9444636510

Direkteure
Tel 0834071116 henkvanzyl55@gmail.com
Henk Van Zyl
Tel 0832723445 freddie.stander@psg.co.za
Freddie Stander
Ben Stander
Tel 0711535222 ben.stander@yahoo.com