top of page
Gouritsmond (1).png

Hoekom behoort ek by die Gouritsmond Belastingbetalersvereniging (GMBBV) aan te sluit?

  1. Die GMBBV deel alle relevante inligting wat deur die organisasie hanteer word, direk met lede via die WhatsApp-groep, e-pos en die Die Kiewiet-nuusbrief. Dit sluit belangrike kommunikasie vanaf Hessequa Munisipaliteit, projekte, vergaderings en besluite in.

  2. ’n Groeiende en verteenwoordigende ledetal is noodsaaklik wanneer ons met die munisipaliteit skakel. Dit versterk ons vermoë om die dorp se sake, bekommernisse en versoeke oor te dra en wys dat die gemeenskap verenig is.

  3. Ons verteenwoordig die gemeenskap op verskeie forums by die munisipaliteit, insluitend die wykskomitee, tegniese vergaderings, GOP- (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) en begrotingsvergaderings.

  4. Ledegeld word gebruik vir kleiner projekte wat die hele gemeenskap, besoekers en die omgewing bevoordeel. Projekte met groter finansiële implikasies word eers met lede gekommunikeer voordat fondse aangewend word.

Beach.jpeg

Word 'n Lid

Hoe word ek ’n lid?

  1. Enige persoon of persone in die Gouritsmond/Bietouville-gebied wat eiendomsbelasting aan Hessequa Munisipaliteit betaal, kan by die GMBBV aansluit.

  2. Langtemynhuurders kan ʼn versoek aan die sekretaresse rig om toepaslike kommunikasie te ontvang

  3. Voltooi die lidmaatskapvorm hieronder en klik op die interaktiewe e-posadres om dit aan ons te stuur.

  4. Betaal jou ledegeld via EFT en e-pos jou bewys van betaling na:
    gouritsbbv@gmail.com 

    • Gouritsmond Belastingbetalersvereniging

    • ABSA Bank

    • Rekening: 9074 659 414 (Tjek)

    • Verwysing: Van en straatadres

  5. Die sekretaresse sal jou lidmaatskap per e-pos bevestig en jou besonderhede by ons kommunikasiekanale voeg.

  6. Lidmaatskap moet jaarliks hernu word om seker te maak dat besonderhede op datum bly.

20251213_071716.jpg

Hoe word lidmaatskapsgelde bepaal en wanneer is dit betaalbaar?

  1. Ledegelde word tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV) in Desember bepaal en genotuleer.

  2. Betaling tydens die AJV kan in kontant geskied, maar EFT word verkies. Bewys van betaling moet gestuur word na:
    gouritsbbv@gmail.com
    (Gebruik asseblief jou naam en adres as verwysing.)

  3. Ledegeld bly dieselfde regdeur die jaar (geen pro-rata aanpassings nie).

  4. Ledegeld vir 2026 is tans R50 per persoon.

Die GMBBV streef daarna om ledegeld bekostigbaar te hou en verwelkom addisionele donasies vir ons projekfonds. Indien jy wil bydra, stuur asseblief ’n e-pos aan die sekretaresse by gouritsbbv@gmail.com en merk jou betaling as ’n “donasie”.

Help ons groei

Ons versoek vriendelik dat lede help om die ledetal te laat groei deur hierdie inligting met bure en vriende te deel. ’n Sterker ledetal verbeter ons verteenwoordiging by owerhede en verhoog ons vermoë om noodsaaklike projekte te befonds en te implementeer.

Ploegskaarskilpad 1.JPG
bottom of page